Monday, January 25, 2010

NJ van der Merwe - Afrikaner leader: 13

NJ VAN DER MERWE: KULTUURLEIER EN POLITIEKE KROONPRINS VAN DIE
DERTIGERJARE
Kultuur ‘n wapen teen armoede
Prof PJ Strauss, Hoofleier Die Voortrekkers

http://www.voortrekkers.org.za/Sake_van_die_dag/NJ_vd_Merwe_en_armoede_onder_Afrikaners.pdf

Sy doktorale proefskrif in die Nuwe Testament wat hy in 1921 aan die Vrye Universiteit in Amsterdam –
die universiteit wat in 1880 gestig word deur Abraham Kuyper (Gaum et al 208:1177) – voltooi, handel
juis oor die sosiale prediking van Jesus Christus. Hierin kom hy tot die slotsom dat geldelike rykdom nie
inherent kwaad is nie en dat armoede nie die “weg tot saligheid” “sondermeer open nie”. Jesus
verwerp absolute privaatbesit omdat dit God alleen toekom en die mens slegs ‘n rentmeester in Sy
skepping is. Die kerk se armsorg moet nie tot die huisgenote van die geloof beperk word nie, maar deel
wees van die opbou van die maatskaplike gebou. “Klassestryd en magsformasie met die doel om
geweldadig persoonlike reg te verkry”, is nie die werking van die Christelike suurdeeg in die
maatskappy nie (1921:172-174). Interessant genoeg praat hy hierin deurgaans van die “maatskappy”
en nie die “volkslewe” nie.