Monday, March 28, 2016

Nelson Mandela (2)

...reconciliatory leadership at a critical time.

http://www.heraldsun.com.au/news/opinion/the-dark-side-of-nelson-mandela/story-fni0ffxg-1226778174719

SA se gewildste is Nelson Mandela JOHANNESBURG. -- Steve Hofmeyr en Evita Bezuidenhout is beroemder as J.M. Coetzee. Of só dink Suid-Afrikaners wat deelgeneem het aan SABC3 se projek Great South Africans . Noeleen Maholwana-Sangqu en Denis Beckett het gisteraand die uitslae van die reeks bekend gemaak, en die begin van 'n nuwe soektog na die land se gunsteling-persoon -naas oudpres. Nelson Mandela -- aangekondig. Mandela het "der duisende" stemme meer as enige van die ander nege mense onder die toptien gekry. Die nege ander is: dr. Christiaan Barnard, oudpres. F.W. de Klerk, Mahatma Gandhi, Nkosi Johnson, Winnie Madikizela-Mandela, pres. Thabo Mbeki, Gary Player, genl. Jan Smuts en dr. Desmond Tutu. Net 21 uit die 100 "beroemdstes" is vroue -- 29 is huidige of oudpolitici, 18 is sportsterre, 12 is musikante en 11 is vermaaklikheidskunstenaars. Van die "skokke" op die lys beroemdes is die apartheidsleier Hendrik Verwoerd (19de), AWBleier Eugene Terre'Blanche (25ste) en oudpres. P.W. Botha (87ste). Die voormalige Protea-krieketkaptein Hansie Cronjé is 11de. Onder dié wat weggelaat is, is die Nobelbekroonde skrywer Coetzee, die Olimpiese atleet Josiah Thugwane en skrywers Wilbur Smith en Olive Schreiner. Charlize Theron is die hoogs geplaaste aktrise (12de), Brenda Fassie die "beroemdste" musikant (17de) en Mark Shuttleworth Suid-Afrikaners se gunsteling -sakeman (18de). Twee kinders, Hector Petersen (85ste) wat in die Soweto-opstande in 1976 dood is, en die vigslyer Nkosi Johnson (top 10), is op die lys. Skrywers op die lys is: JRR Tolkien (35ste), Antjie Krog (75ste) en Nadine Gordimer (80ste). Mnr. Mangosuthu Buthelezi (15de), IVP-leier, is die gunsteling as aktiewe politikus. . Vanaf 3 Oktober word 'n weeklikse dokumentêre program oor 10 van die benoemdes op SABC3 uitgesaai. Mense wat vir die naasberoemdste Suid-Afrikaner wil stem, kan 0 086 22 33 123 bel of stem by www.sabc3.co.za. -- (Adriaan Basson)

No comments: